KARNALLIE KLEUTER KAMPUSSE
Waar leer n avontuur word!
Ons is ‘n aanlyn en in-persoon kleuterskool wat jou, of jou kinderopasser, dadelik ‘n gekwalifiseerde juffrou maak sonder dat jy ‘n B-Ed graad hoef te studeer om jou Karnallie op the hoogste standaarde se vroeë kinderontwikkeling te erasure gaste en hulle skoolgereed te maak. Alles in die gemak van jou eie huis.
Elke week se pakket dek groot motoriese-, fyn motoriese-, perseptuele vaardighede, ruimtelike oriëntasie, wiskunde, taal en woordeskat ontwikkeling, kreatiewe aktiwiteite and geestelike groei. Elke week het ook sy eie unieke rympie, wat ons saam op ‘n avontuur stuur waar Karnallies saam kan reis og leer.
Ons missie is om die hoogste standaarde van vroeë kinderontwikkeling te bied sodat ouers en kinderoppassers kinders skoolgereed can maak in die gemak van hul eie huis. Hier is deeglike pakkette en ouergidse om dit maklik en met baie pret vir Karnallies te maak terwyl mamma kwaliteit tyd aan hul Karnallies spandeer en hulle leer terwyl hulle speel.
Mamma ontvang alles met die druk van ‘n knoppie, sonder dat sy speletjies hoef uit te dink of moeite te doen om aktiwiteite uit te werk.

Die hoekstene waarop ons bou
Karnallies is ’n unieke leer- en ontwikkelingsruimte waar kinders deur spel, ontdekking en doelgerigte aktiwiteite groei. By ons gaan leer nie net oor kennis nie, maar oor die vorming van selfvertroue, karakter en ’n liefde vir ontdek. Ons skep ’n veilige, vrolike omgewing waar elke kind op sy of haar eie pas kan ontwikkel, terwyl ons fokus op betekenisvolle leerervarings wat nuuskierigheid prikkel en klein harte laat groei.
Ons glo dat elke kind met doel geskape is, en daarom bou ons op ’n fondasie van liefde, geduld en leiding — sodat kinders nie net leer nie, maar ook floreer.
“Leer die kind die pad waarop hy moet gaan, dan sal hy ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie.”
– Spreuke 22:6
Kies die les wat die lekkerste lyk vir jou Karnallie!

Skoolgereedheids Pakket
Die Karnallies Skoolgereedheidspakket help jou om jou Karnallie oor 4 weke doelgerig voor te berei vir Graad R — met lesse, ouergidse, assesserings en praktiese aktiwiteite wat emosionele, motoriese en denkvaardighede ontwikkel.

Kleure
Hierdie week ontdek ons die wonderlike wêreld van kleure. Ons fokus daarop om kleure te herken, te benoem, te meng en in ons alledaagse wêreld raak te sien.

Vorms
Hierdie week ontdek ons verskillende vorms deur praktiese, spelgebaseerde leerervarings wat waarneming, denke en kreatiwiteit stimuleer. Kleuters fokus op die herkenning, benoeming en gebruik van verskillende vorms in hul alledaagse omgewing. Kom leer en speel saam!

My Liggaam
Hierdie week ontdek kleuters die wonder van hul liggaam deur spelgebaseerde leer wat fokus op liggaamsdele, beweging en selfbewustheid. Karnallies gaan leer om hul unieke liggame te waardeer en goed daarvoor te sorg.

Beroepe
Hierdie week ontdek Karnallies die wêreld van beroepe en leer hulle oor die verskillende rolle wat mense in ons gemeenskap vervul. Deur spel, beweging en praktiese aktiwiteite ontwikkel ons elkeen ons eie unieke talente en die waarde van diensbaarheid wat ons in ‘n werk of beroep kan uitleef as ons groot is.

Tyd
Hierdie week ontdek ons tyd deur roetines, dae van die week en volgorde van gebeure. Met speelse aktiwiteite bou ons taal, wiskunde, motoriese vaardighede en Bybelse waardes rondom geduld en groei.
Ontmoet ons span
Die passievolle mense agter Karnallies wat met liefde leer ontwikkel, groei aanmoedig en elke Karnallie help om skoolgereed die toekoms tegemoet te stap.


